/> Dream Golf Job: A Pink Driver named FIONA

Wednesday, June 18, 2014

A Pink Driver named FIONA

Thanks to Riversdale Golf Club and Sanlam Cancer Challenge for the story...


Hallo Anina

Net so bietjie meer  inligting oor daai pragtige pienk stok!!!! My hart se punt wat deur my gedoop is as Fiona. Hoekom Fiona? Ha ha, geen idee!!


Wel kom ons begin eers by die stok self. Ping is ‘n baie bekende en baie baie goeie maak in die golf bedryf. Die stok is ‘n Ping G20 drywer


(OOOOO hy is mooi!!!)

Bubba Watson het self sy pa aan kanker verloor. Hy het in 2012 die bekende Masters toernooi vir die eerste keer met die drywer gespeel en die toernooi gewen ook.

Lees gou die volgende. Hier word bietjie meer verduidelik soos ek op die onderstaande website self bietjie meer gelees het.


However, Bubba’s reason for using this all pink golf club is actually to support Breast Cancer awareness. As part of a larger fund-raising effort called "Bubba & Friends Drive to a Million," Ping will donate $300 for every drive of more than 300 yards (275m) that Watson hits with his pink driver. Up to a maximum of 300 drives – because Bubba hits a lot of 300-yard drives, he averaged 315 yards per drive in 2011. "… I have extra motivation to hit the ball as far as I can," Bubba said. "My goal is to make Ping pay every cent.

Ping het na Bubba se Masters wen in 2012 besluit om 5000 sulke pienk drywers te vervaardig en te verkoop en ‘n verdere 5% op elke drywer wat verkoop word ook te skenk. My oupa, ouma en ma is ook aan kanker oorlede. Ek het die drywer op die internet gesien. Iemand wou hom 2de hands verkoop en ek het net geweet ek MOET hom hê en dis waar ek my pienk Fionatjie gekry het. 2014 se Riversdal Sanlam CANSA  het ek, Fiona en Aletta kom speel vir my ma!

Bubba het ‘n liefdadigheids fonds gestig en het in 2012 geld uit die fonds aan borskanker navorsing geskenk.

Jy kan nog so bietjie meer lees hieroor op die volgende website.


Hier is twee videos op youtube ook waarna jy kan kyk.





Groete


Thys Sutherland. 





No comments:

Post a Comment